quarta-feira, 15 de abril de 2015

Guebuza em Tratamento na África do Sul: Netwerk 24 reports

South African News WebSite Reports That Former President Armando Guebuza Is In Hospital



Listen with webReader
Send To a Friend


Advertisement




clubofmozambique(2015-04-15) The South African online publication Netwerk 24 reports today on its front page that Mozambique’s former president Armando Guebuza is being treated at hospital in Pretoria since yesterday.

The article is written in Afrikans. It is entitled “Former President of Mozambique Mysteriously Treated in 1 Military Hospital,” (Oudpresident van Mosambiek geheimsinnig in 1 Mil. Hospitaal behandel).

“A veil of secrecy was drawn on Tuesday over the former president of Mozambique, who is being treated in 1 Military Hospital,” reports 'Netwerk 24'.


Source: Netwerk 24

Photo: An image taken from Netwerk 24 news site's front page. The online publication is in Afrikans, one of South Africa's national languages

Oudpresident van Mosambiek geheimsinnig in 1 Mil. Hospitaal behandel

Woensdag 15 April 2015 15:15
Armando Guebuza. Foto: Argief
’n Sluier van geheimhouding is Dinsdag getrek oor die voormalige president van Mosambiek wat in 1 Militêre Hospitaal behandel word.
Bespiegelings was Dinsdag in Mosambiek dat hy dalk vergiftig is.
Oudpres. Armando Guebuza is vroeg Maandag te midde van streng veiligheidsmaatreëls in die BBP-afdeling van die hospitaal opgeneem.
Gewapende wagte bewaak dié vleuel op die derde verdieping van die hospitaal, terwyl al sy klere en breekgoed spesiaal ontsmet word.
Volgens Netwerk24 se inligting word hy vir cholera of ’n soortgelyke maagsiekte behandel.
Adj.pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdag net voor ete vir hom gaan kuier. Ramaphosa se kantoor het egter alle navrae na die departement van buitelandse sake verwys. Dié het navrae weer na die ministerie van verdediging verwys, wat dit na die weermag se media-afdeling verwys het. Teen Woensdagmiddag het dié afdeling nog nie op Netwerk24 se navrae gereageer nie.
Die Mosambiekse hoë kommissariaat se personeel was almal in KwaZulu-Natal besig met die ontruiming van hul landsburgers te midde van xenofobiese aanvalle dáár.
Die hospitaal moes vandeesweek spesiaal ’n wasmasjien gaan koop om Guebuza se klere en beddegoed apart te was omdat die hospitaal se wasmasjiene nie werk nie.
Een hysbak is vir die publiek gesluit sodat sy besoekers ongestoord na sy kamer geneem kan word. Daar is selfs ’n rooi tapyt na sy kamer gelê.
Guebuza het twee weke gelede te midde van grootskaalse konflik tussen hom en sy opvolger as president, Filipe Nyusi, ook as leier van Frelimo bedank.
Sedertdien is hy in die media gekasty as die verloorder in die stryd met die veel jonger Nyusi (55). Die dag van die uittreding is “bloedige Sondag” genoem.
Volgens ingeligtes het Guebuza nadat hy as president deur Nyusi opgevolg is, aanvaar dat hy as leier van Frelimo steeds die magtigste leier in Mosambiek sou wees.
Ná intense struwelinge tussen hulle die afgelope drie maande sedert die presidentsverkiesing het Guebuza se besluit om skielik te bedank Frelimo onverhoeds betrap.
Nyusi is kort daarna met die uitsondering van enkele stemme tot die party se nuwe leier verkies.
Guebuza het ernstig in party-onguns verval toe hy in ’n striemende aanval deur sy makkers in die party daarvan beskuldig is dat hy intimidasie gebruik om ernstige vrae oor sy leierskap te ontduik.
Frelimo het die afgelope paar jaar toenemend onder skoot gekom daaroor dat hy uit voeling met die opkomende jonger geslag geraak het en daarom nie meer omgee vir probleme op voetsoolvlak nie. Staatskorrupsie het hoogty gevier.
Die verkiesing van Nyusi en ’n rits nuwe hervormings wat hy sedertdien aangekondig het, het die hoop laat opvlam dat die party uiteindelik gehoor gegee het aan dié probleme.
Damaio José, woordvoerder vir Frelimo, het ná Guebuza se bedanking gesê hy het dit gedoen ter wille van eenheid in die party.


4 KOMMENTARE
Danie Theron4ha2
Good luck as jy dink jy gaan gesond gemaak word in daardie Mil hospital ou pel.
Johan Geyser3ha1
Neem jy kennis, Jakob..?
nico van noordwyk2h
1 Mil regte plek vir hom hulle se mos jy gaan soontoe om te sterf
Issabelle Pretorius37m
Wat soek die ou donner in elk geval hier … hoekom maak hy NIE strenger wette in sy land oor al die onwettige Mozambiekers wat soos erdwurms in SA in kom nie !!!! Hulle dra GROOTLIKS by tot geweldagige misdaad . Jammer ek kan hom nie verpleeg nie … hy sal NOOIT weer die son sien op kom nie !!!!!
Jy moet aangemeld wees op ons webwerf om kommentaar te kan lewer. 
Klik hier om aan te meld, of hier om te registreer indien jy nog nie ’n gebruikersprofiel geskep het nie.

Media24 Digitale Nuus: Só voer ons gesprek
Ons is ten gunste van oop gesprek en wil aan al ons lesers die platform gun om saam te praat. Die “wagwoord” in die kommentaar-afdeling van ons webwerwe is respek. Respek vir mede-lesers en die mense en gebeure waaroor ons berig. Ons sal nie seksisme, homofobie, rassisme of ander vorms van haatspraak duld nie en behou ons die reg voor om kommentaar te verwyder. Kortom, speel die bal, nie die man nie.

Sem comentários: